Môrester se verjaarsdagfees was ’n sukses

Op Saterdag, 27 Mei het die Môrester akademie skool hul 22ste verjaarsdagfees gevier op die skool terrein in Vanrhynsdorp. Daar was talle mense wat na hierdie fees toe gegaan het, en almal het dit geniet.

 

Verskeie ouers het by die kosstalletjies gewerk om te help geld insamel vir die skool. Die kinders was opgewonde oor hulle skool wat verjaar het, en hulle het dit geniet om lekker saam met hul maats by die fees te kuier. Die dag was ’n groot sukses en die skool wil almal bedank wat hulle ondersteun en die dag saam met hulle geniet het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?