Mooiste blommeprag in Matzikama

Vredendal, die oorspronklike tuiste van die Madeliefie Makietie, is werklik besonders. Hiér kan jy die mooiste blomme-prag kom aanskou.

Die dorp is 322 km noord van Kaapstad, aan die spoorlyn na Bitterfontein langs die Olifantsrivier geleë. Dit val binne die Olifantsrivier-besproeiingsgebied. Vanrhynsdorp en Klawer is elk 24 km van dié dorp geleë en Lutzville is ietwat verder.

Die dorp het sy ontstaan te danke aan die besproeiingskema wat hier gebou is. Dit is vroeg in 1945 as dorp gestig en het eers op 1 Maart 1963 munisipale status verkry. Ingevolge die huidige munisipale bedeling is Vredendal deel van die Matzikama-munisipaliteit, waarvan dit die setel is.

Die madeliefie, wat met die Matizikama vereenselwig word, is een van die blomme wat in hierdie gebied volop is. Die blom het ook ’n kleurryke geskiedenis. Die plant dra blomme regdeur die jaar, hoewel dit in die somer die mooiste blomme voortbring. Daar is ook verskillende tipes madeliefies, onder andere die Gerbera jamesonii en die Gerbera piloselloides.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?