Middagete-promosie by Thi Art

Geniet hierdie Vrydagmiddag Thi Art se middagete-promosie en begin die naweek met ’n vol maag.

Dié gewilde eetplek, by Maskam Mall in Vredendal, bied op Vrydag, 28 Julie tussen 12:00 en 15:00 ’n spesiale aanbieding wat bestaan uit ’n 500g T-been steak, handgesnyde skyfies en ’n 500ml Craven Craft Lager vir slegs R140.

Daar is ook verskeie ander smaaklike opsies op die spyskaart waaruit jy kan kies. As jy in die omgewing is, maak ’n draai by Thi Art en geniet die gesellige atmosfeer en vriendelike diens, wat beslis die koue winter gaan verdryf.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?