Mej. Madeliefie se finaliste aangekondig

Die finaliste vir die Mejuffrou Madeliefie Makietie-kompetisie wat op Woensdag, 6 September, aangebied word, is uiteindelik bekend gemaak. Een van die volgende 17 dames gaan die geleentheid kry om met die kroon huis toe te gaan en Madeliefie Makietie by die fees einde September verteenwoordig:

  • Angelique Faber
  • Anje Coetzee
  • Chris-Lee de Lange
  • Chane Callard
  • Chanay Williams
  • Emore Vosloo
  • Hernêl Swarts
  • Itha Steyn
  • Jade van Zyl
  • Jani Smith
  • Kaydee Phillips
  • Lizzy Booysen
  • Loraine Louw
  • Samantha Gubelo
  • Yolandi van Zyl
  • Carike Kotze
  • Richelle Nel

Die kompetisie gaan by die sportsaal op Vredendal plaasvind en sal om 19:30 begin. Die glansgeleentheid sal ook die eerste aanbieding wees van vanjaar se Madeliefie Makietie-fees wat in September op Strandfontein plaasvind.

Volgens Cindy Schade, organiseerder van die kompetisie, is daar groot pryse op die spel vir die wenner en haar prinsesse. Hulle sal gratis toegang tot die fees ontvang asook toegang tot die BBP-area. Die wenners gaan ook velsorg- en haarprodukte, behandelings, kontant en vele meer ontvang.

“Mej. Madeliefie en haar prinsesse moet beskikbaar wees om tydens die Madeliefie Makietie-naweek die gesig van die fees te wees en sal ook verantwoordelik wees om te help om pryse aan te kondig,” sê Schade.

Die tema van die geleentheid is Marokkaans en die gewilde Juan Boucher is die spesiale gaskunstenaar vir die aand. Kaartjies vir die kroningsgeleentheid beloop R200 per persoon en sluit ’n heerlike ete in. Die kaartjies is by Optika Oogkundiges in Maskam Mall Vredendal te koop.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?