MegaBoere: ontmoet die meesters van landbou

MegaBoere, ’n landbousakeprogram met ’n persoonlike aanslag, keer vanaf 11 Oktober terug na die kassie met ’n splinternuwe aanbieder, Jaco Kirsten.

Jaco Kirsten was die afgelope sewe jaar verbonde aan WegRy / Drive Out, Suid-Afrika se voorste 4×4-reistydskrif, waarvan die laaste drie jaar as redakteur. Hy het in 1993 sy graad in joernalistiek aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit behaal en sy joernalistieke loopbaan in 1994 by Die Volksblad in Bloemfontein begin.

Ná ’n jaar in Engeland, keer hy en sy vrou in 1997 terug na Kaapstad, waar hy in die advertensiebedryf werk, totdat hy in 2000 terugkeer na die joernalistiek. In 2006 sluit hy hom aan by Bun Booyens, vorige aanbieder van MegaBoere, om deel te word van die stigters-redaksiespan van die suksesvolle Afrikaanse reistydskrif Weg!

Sy familie aan vaderskant boer in die Mariental-distrik in Namibië en sy oom aan moederskant boer steeds op die familieplaas naby Ingogo, in die noorde van KwaZulu-Natal. Van sy skoonfamilie is vooraanstaande Döhne-merino-boere in die Burgersdorp-distrik in die Noord-Oos Kaap. Hy is ’n ywerige jagter en droom van ’n stil wegbreekplek in die Namibiese Kalahari. Hy en sy vrou Annalize bly in Kaapstad.

MegaBoere se vierde seisoen saai van11 Oktober 2017 om 20:30 op kykNET DStv-kanaal 144 uit.

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog opwindende nuus en artikels en smullekker resepte, besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?