Meer oor Maskam se craft-biere

Maskam Brouery is ’n bekende restaurant net buite Vredendal. Hulle is baie bekend vir hulle verskillende craft-biere. Hier onder volg die craft-biere wat by hulle gekoop kan word.

Blonde Ale

Hierdie is ’n semi-swaar bier wat ’n sterk hop-karakter met ’n sagte, mouterige soetheid. Dit ’n diep goue kleur wat aansluit by vrugtige sitrus-aromas en heuning ondertone.

Amber Ale

Hierdie semi- na volronde bier het ’n medium karbonering. Die kleur reflekteer ’n diep koperbruin, wat gepaard gaan met speseryagtige, tropiese vrugte-aromas.

Weiss

’n Verfrissende Duitse koringbier met hoë karboneringsvlakke. Hierdie ligte, strooi-kleurige bier, het onmiskenbare piesang en naeltjie-aromas vanweë die gis.

Cider

Maskam se Apple Lemon Cider is nou op die vat by die restaurant beskikbaar. Dié cider is ’n verfrissende drankie vir diegene wat van iets soets hou.

Maak seker om ’n draai by Maskam Brouery te maak. Die kombuis is Dinsdae tot Saterdae van 10:00vm tot 10:00nm, en op Sondae vanaf 11:00vm tot 05:00nm.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?