Meer oor Maskam Brouery

Die Maskam Brewing Company is in April 2016 langs die R363 roete, tussen Vredendal en Lutzville, gestig. Die brouery, wat ’n restaurant insluit, word deur die Botha-familie bedryf en brou verskillende craft-biere.
Dit is die eerste craft-brouery in die Matzikama-omgewing en drie soorte bier, naamlik Blonde Ale, Amber Ale en Weiss word hier gebrou. Die brouery bied bierproeë en bier is ‘on tap’-of per bottel beskikbaar. Die restaurant is ’n kindervriendelike area met ’n speelpark en ‘n dieretuin en het ook ’n betroubare persoon wat na die kinders omsien. Die brouery maak hul bier van die water wat uit Gifberg vloei en dit is voorwaar`n drankie om te probeer.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?