Meer as 20 top kunstenaars gaan op Hartenbos skouers skuur

Hartenbos, gewilde vakansiedorp aan die Tuinroete, is hierdie feesseisoen in rep en roer met meer as twintig van Suid-Afrika se top kunstenaars wat kom skouers skuur by die heel eerste In Afrikaans konsertreeks wat van 20 Desember tot 4 Januarie 2018 aangebied word.

Die konsertreeks, wat iets vir elke smaak én oud en jonk sal bied, is boonop só bekostigbaar dat die hele gesin – met almal se kêrels en meisies – op dié gewilde vakansie-oord kan saamkuier. Kaartjies kos van R50 tot R140, afhangende van die vertoning.

Die vertonings is noukeurig saamgestel en elkeen sal vermaak vanuit die boonste rakke bied! Tesame met die hope aktiwiteite wat Hartenbos as ’n bestemming bied, beloof dit om een van jou beste vakansies te wees as jy daar kuier. Hartenbos spog met ’n verhitte swembad, mini-gholf én ’n waterpark vir waaghalsige waterliefhebbers.

Die span van JOOX, die musiekstroom-app wat tans op almal se lippe is, gaan saamkuier op die strandfront en bied ook, met die komplimente van In Afrikaans konsertreeks, gratis BBP-lidmaatskap aan alle musiekliefhebbers. Jy kan dus regstreeks na jou gunsteling musiek luister en dit aflaai om weer én weer daarna te luister. Laai JOOX van jou Android of IOS App-winkel af en registreer. Tik die kode “inafrikaans” in en ontvang een maand se gratis BBP-toegang!

Jacomien de Villiers, besturende direkteur van Inhoud Huis Musiek en In Afrikaans, het die idee van dié konsertreeks gekry nadat sy soortgelyke produksies by Nashville gesien het.

“Met die magiese dinamika van al die kunstenaars wat saam gaan optree, sal dit nie anders kan as om aanhangers se siel te voed nie,” het sy gesê.

Behalwe vir die musiek wat vakansiegangers hierdie feesseisoen gaan verenig, sal ’n buitelug-fliekpiekniek met dieselfde atmosfeer as die eertydse inry jou ’n stukkie nostalgie laat beleef!

Die nuwe Afrikaanse fliek, Susters, wys vir die eerste keer by die In Afrikaans konsertreeks – dit sal eers in Maart 2018 in rolprentteaters landwyd vrygestel word. Leah, Diaan Lawrenson en Quanita Adams vertolk die hoofrolle en die temalied, “Nooit Alleen,” deur Jo Black en Leah sal ook op dié aand deur hulle gesing word.

Mnr. en Mej. Hartenbos word op 27 Desember vanjaar gekroon en vanjaar se Mej. Hartenbos sal ook outomaties deel van die Top 40 in die Sarie Voorbladgesig-kompetisie wees. Hierdie is ’n skoonheidskompetisie met ’n verskil – ’n musiekkonsert met Karlien van Jaarsveld, Brendan Peyper, Leah, Jan Bloukaas en Georic Lomas is deel van die aand se verrigtinge.

Die konsertreeks vind plaas op 20, 24, 26, 27 en 30 Desember, asook op 4 Januarie 2018 by ATKV-Hartenbos se amfiteater. As jy dus in die omgewing is, koop nou al jou kaartjies by www.itickets.co.za. Bring jou kampstoel en kombers en kom kuier lekker saam met jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars. Daar sal ook kosstalletjies en ’n kroegtent wees, asook CD’s en ander goedere wat verkoop sal word.

Die datums en vertonings vir die konsertreeks is:

Woensdag 20 Desember om 19:30: Dans In Afrikaans – Kurt Darren, Juan Boucher, Jay en Lianie May, Ricus Nel. Plus ’n reuse-dansvloer waar daar lekker gesokkie kan word!

Sondag 24 Desember om 19:30: Kersfees In Afrikaans – Robbie Wessels, Jo Black, Douvoordag, Leah. Alle donasies gaan aan Hartenbos Bejaardesorgsentrum.

Dinsdag 26 Desember om 20:00: Fliek In Afrikaans – Susters met Leah, Diaan Lawrenson, Quanita Adams, Sean Marco Vorster.

Woensdag 27 Desember om 19:30: Mnr. & Mej. Hartenbos – Jan Bloukaas, Leah, Brendan Peyper, Karlien van Jaarsveld, Georic Lomas.

Saterdag 30 Desember om 19:30: Hartenbos In Afrikaans – Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Karen Zoid, Jo Black, Appel, Elvis Blue, Refentse, Lianie May, Dewald Wasserfall, Leah, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en Fatman.

Donderdag 4 Januarie 2018 om 19:30: Akoesties In Afrikaans – Theuns Jordaan, Riana Nel, Elvis Blue, Jo Black.

Kaartjies beskikbaar by www.itickets.co.za of 086 1000 291.

Uitgereik vir Inhoud Huis Musiek (In Afrikaans):

Vir navrae kontak:
Jacomien de Villiers
E-pos: jacomien@inhoudhuis.co.zaa
Sel: 076 964 6472

Uitgereik deur Lumico:

Vir navrae kontak:
Vicki Rothman
E-pos: vicki@lumico.co.za
Sel: 063 107 3620

   

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?