Medisyne in jou tuin

Sommige mense noem dit die hoenderkloek, gansie, klapperpeultjie, bitterbos of vigsbossie, maar sy regte naam is kankerbossie.

Die kankerbossieplant word dikwels opgemerk langs paaie in die Gifberg-omgewing, waar dit met hangende koraalrooi of wit ertjieagtige stingels staan. Die plant gaan nie maklik dood nie, want dit kry sy krag regstreeks van die son. Die groen stingels bevat ’n gelerige slym, wat uitgedruk kan word en gebruik word vir koorsblare en seerwonde. Die uittreksel is bitter op die tong en vroeër het mense dit sommer gekook en gedrink vir allerlei inwendige kwale. Dit word ook gekook en gebruik vir griep en verkoue.

Soms het mens nie nodig om ver te gaan soek vir medikasie nie, as jy ’n bietjie rondkyk sal jy dit straks in jou tuin, agterplaas of teen die pad vind.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?