Matzikama-sokkeruitslae

Sokker is een van die gunsteling sportsoorte wat in die Matzikama-streek gespeel word. Op Saterdag, 23 September het die Matzikama Local Football Association (MALFA) afgesluit met hul sokkerliga. Die twee sokkerspanne wat deelgeneem het aan die ligawedstryd was Black Aces (groep-A se wenner) en Arrows FC (groep-B wenner). Black Aces het Arrows ore aangesit en het hulle met 3-2 geklop.

Volgens Anthony van Wyk, sekretaris van die MALFA, was die liga ʼn kenmerk van hoekom die twee spanne as wenners in hul groepe deurgedring het.

“Dit was duidelik dat hulle uitgestaan het bo die ander en Saterdag se wedstryd was ʼn groot getuienis daarvan. Daar is goeie mededingende sokker gespeel en die spelers se dissipline was van uitstekend,” sê van Wyk.

Van Wyk voeg ook by dat dit ʼn baie opwindende wedstryd was en dat die bestuurslede van die MALFA trots is op die spanne en geluk wil sê aan die manne van Black Aces wat weggestap het as liga-kampioene.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?