Matzikama-sokkeruitslae

Op Saterdag, 16 September het die spanne van die Matzikama Local Football Association se sokkerspanne kragte gemeet in die Matzikama-streek en ook die omliggende areas. Die spanne het goed gevaar en die uitslae van die wedstryde is as volg:

A-span uitslae:

  • MS United klop Vanrhynsdorp Spurs met 2-0
  • Vultures FC klop Kangaroo Spurs met 2-0
  • Black Aces klop Spurs FC met 2-0
  • Lutzville United klop Young Stars met 2-0

Die wenner van die A-span is Black Aces.

B-span uitslae:

  • Vredendal FC klop Bitterfontein FC met 2-0
  • Future Builders klop Rangers FC met 2-0
  • Arcadian Shepherds klop Riverside Rangers met 2-0
  • Arrows FC klop Evergreens FC met 3-0

Die wenner van die B-span is Arrows FC.

Volgens Anthony van Wyk, sekretaris van MALFA, kan die bestuurslede van die MALFA geluk sê aan die senior spanne se wenners.

“Die lede van die MALFA is ook trots op die ander sokkerklubs wat deelgeneem het aan die wedstryde,” sê van Wyk.

Van Wyk voeg ook by dat Black Aces en Arrows FC se wedstryd nog bekend gemaak gaan word, asook die punteleer.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?