Matzikama-sokkerspanne se uitslae

Matzikama Local Football Association (MALFA) se sokkerspanne het op Saterdag, 9 September in die Matzikama-streek en omliggende areas gespeel. Hier is die uitslae van die verskillende sokkerspanne:

A-spanne:

  1. Lutzville United klop MS United met 3-1
  2. Kangaroo Spurs klop Spurs FC met 2-0
  3. Young Stars klop Vanrhynsdorp Spurs met 2-0
  4. Black Aces klop Vultures FC met 2-1

B-spanne:

  1. Arcadian Shepherds klop Bitterfontein FC met 2-0
  2. Arrows FC klop Rangers FC met 6-2
  3. Evergreens FC klop Vredendal FC met 2-0
  4. Future Builders klop Riverside Rangers met 2-0

Volgens Anthony van Wyk, sekretaris van MALFA, het die manne van die verskillende sokkerklubs goeie sportmanskap op die veld getoon en is die wedstryde in goeie gees gespeel.

“Die punteleer en wedstryde van eerskomende Saterdag, 16 September sal in die week bekend gemaak word,” sê van Wyk.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?