Matzikama-sokkernuus

Die sokkerklubs van die Matzikama Local Football Association (MALFA) speel môre hul laaste wedstryde op verskillende plekke in die Matzikama-streek en omliggende areas. Die spanne wat gaan deelneem is as volg:

A-span wedstryde:

  • Vultures FC teen Kangaroo Spurs – wedstryd vind plaas op Klawer
  • Young Stars FC teen Lutzville United – wedstryd vind plaas op Vredendal

B-span wedstryde:

  • Future Builders FC teen Rangers FC – wedstryd vind plaas Vredendal
  • Arrows FC teen Evergreens FC – (Geen venue is aangedui vir wedstryd).

Volgens Anthony van Wyk, sekretaris van MALFA, gaan die wedstryde deurslaggewend wees vir die B-spanne.

“Die twee wenners van die onderskeie spanne sal mekaar op Sondag, 24 September, pak om die algehele wenner en naaswenner van die liga te bepaal,” sê van Wyk

Van Wyk voeg ook by dat alle wedstryde begin om 15:00 en dit gaan beslis wedstryde wees om na uit te sien.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?