Matzikama se sokkeraksie

Die Matzikama Football Local Association (MALFA) se sokkerspanne gaan eerskomende Saterdag, 9 September kragte meet teen mekaar in die Matzikama-streek en omliggende areas.

Die volgende spanne gaan teen mekaar speel:

A-span wedstryde:

  • Lutzville United FC teen MS United FC – wedstryd vind plaas op Lutzville
  • Spurs FC teen Kangaroo Spurs FC – wedstryd vind plaas op Doringbaai
  • Vultures FC teen Black Aces FC – wedstryd vind plaas op Klawer

B-span wedstryde:

  • Rangers FC teen Arrows FC – wedstryd vind plaas op Koekenaap
  • Evergreens FC teen Vredendal FC – wedstryd vind plaas op Lutzville-Wes

Volgens Anthony van Wyk, sekretaris van die Matzikama Local Football Association, wens die MALFA se bestuurslede alle spanne ʼn suksesvolle naweek toe en moedig ook alle klubs weer aan om fiks en bekwame amptenare uit te stuur.

“Ons het ʼn sensitiewe en belangrike stadium van die kompetisie bereik en dit is baie opwindend om so ʼn goeie sokkertalent en gesonde ervaring te ervaar in ons liga,” sê van Wyk.

Van Wyk voeg ook by dat die bestuurslede graag ʼn ferm boodskap aan alle klubs stuur: Geen wangedrag in wedstryde deur enige klub, span of speler sal geduld word nie en die bestuurslede sal die skuldiges stewig hanteer.

“Alle wedstryde sal Saterdag om 15:00 afskop en net die wedstryd van Rangers FC en Arrows FC sal om 16:00 afskop.

Van Wyk voeg ook by dat alle klubs die skeidsregterkoördineerder, mnr. Jan Syster, of die klubs moet inlig as hulle ʼn skeidsregter beskikbaar sal hê en dit moet nie later as 11:00 op Saterdag gebeur nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?