Matzikama in pienk gedraai vir Kansa

Die Matzikama- en Cederberg-streek se bome spog deesdae met nuwe pienk jassies as deel van Kansa se pienkboomprojek. Die bome is weer toegedraai in pienk lappe as deel van die Pienk bome vir Pauline-projek wat in  2016 begin is. Volgens Kansa was die projek baie suksesvol en daarom het hulle besluit om dit vanjaar weer aan te bied.

Die doelwit van Pink Trees for Pauline is om fondse en belangstelling te genereer en om die lewensgehalte van kankergemeenskappe te verbeter. Pink Trees for Pauline is lid van die Cancer Alliance (www.canceralliance.co.za).

Die oorsprong van die projek:

In  2012 het Carol-Ann van Jaarsveld, in samewerking met Adri van Nieuwenhuizen – wat borskanker oorwin het, en dr. Pam Kerr, ʼn opvoedkundige sielkundige, Pink Trees for Pauline gestig. Carol-Ann het beide haar moeder en haar ouma aan die dood afgestaan as gevolg van kanker.

Beide was genaamd “Pauline” en dit is die kern van Pink Trees for Pauline. Kanker is so algemeen in die samelewing dat dit nie vergesog is om te sê dat elkeen van ons verbind is tot ’n, of ons eie “Pauline” ken nie. Pink Trees for Pauline daag dorpe nasionaal uit om eienaarskap te neem van hierdie eerste van sy soort fondsinsamelingsprojek en om ʼn verskil in kankergemeenskappe te maak om sodoende lewensgehalte en ʼn beter toekoms te verseker.

Volgens Adele Maass, werker by KANSA op Vredendal, het hulle nooit gedink dat die Pienk bome vir Pauline-projek so suksesvol sal wees nie.

“Ons is terug van Vrydag, 15 September tot Dinsdag, 31 Oktober in die dorpe om die bome in pienk te draai vir Kansa-pasientesorgfondse en ons nooi graag alle besighede en privaat persone uit om ons vrywilligers wat hierdie pienk lap verkoop, te ondersteun,” sê Maass.

Maass voeg ook by dat die pienk materiaal sal te koop wees teen R25 p/m. Die fondse wat met elke meter lap gekry word sal uitsluitlik vir die volgende aangewend word:

  • Aankoop van matrassies
  • Rolstoele
  • Doeke
  • Nutri-mil skuinskussings
  • Looprame (hierdie projek is spesifiek gefokus op pasientesorg).

Vir die eerste keer in Suid-Afrika werk verskeie geregistreerde kankerorganisasies saam aan ʼn

projek. Komitees in elk van die deelnemende dorpe in Suid-Afrika en Namibië werf borge vir die kenmerkende pienk materiaal wat gebruik word om bome in toe te draai.

Die geborgde materiaal word dan aan die publiek en besighede verkoop en dorpe word so in pienk toegedraai. Die komitees op dorpe sien toe dat kankerpasiënte en hul families wat beïnvloed word deur kanker, voordeel trek uit die fondse wat ingesamel word, byvoorbeeld toegang tot behandeling, kospakkies, prostese, speelgoed vir kinders met kanker, vervoer en vele meer.

Pink Trees for Pauline glo aan die bemagtiging van gemeenskappe en om by te dra aan ʼn ontwikkelende ekonomie. Die materiaal word aan die einde van die projek verwyder en op verskeie praktiese wyses gebruik deur dit byvoorbeeld aan liefdadigheidsorganisasies te skenk wat produkte daarmee vervaardig om te verkoop. Die organisasies wat betrokke is by hierdie nasionale kanker-fondsinsamelingsprojek is onder andere Kansa, Cancervive, Graaff-Reinet Kanker Assosiasie en Distrikte, Hospice en Reik na Herstel. In dorpe waar daar geen aktiewe kankerorganisasies is nie, bepaal die komitee watter behoeftes aangespreek moet word met die fondse.

Vir meer inligting kan jy die volgende persone skakel in die nege dorpe waar Pink trees aktief sal wees:

1 Vredendal – Maurine Rupping – 0846521976 / Adele Maass – 0836277759

  1. Vanrhynsdorp – Judith Vermeule – 0835661650
  2. Klawer – Leoni Coetzee – 0828048169
  3. Lutzville – Mercia Boonzaaier – 0827810022
  4. Strandfontein – Tania Fouche – 0721543887
  5. Lambertsbaai – Maureen Auret – 0836332846
  6. Clanwilliam – Sanet van Zyl – 0721114455 / Sanet Stander – 0828765436
  7. Graafwater – Maggie Lucas – 0716033005
  8. Citrusdal – Nelle-Mari Venter – 0829270504
0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?