Matzikama-munisipaliteit se welstanddag

Vandag (3 November) bied die Matzikama-munisipaliteit ’n welstanddag aan vir die gemeenskap in die Matzikama-streek.

Volgens Elizna Mouton, skakelbeampte by die Matzikama-munisipaliteit, is die doel van die dag om te strewe na ’n veilige en welvarende Matzikama-munisipaliteit vir die gemeenskap in die Matzikama-streek.

“Om dit reg te kry, begin ons vandag by ons eie amptenare en ook personeel van die munisipaliteit, omdat elkeen van hulle elke dag regstreeks met die gemeenskap werk en vandag is die dag vir die amptenare en personeel om die dienste na die gemeenskap te bring,” sê Mouton.

Mouton voeg ook by dat as skakelbeampte by die munisipaliteit is dit haar verantwoordelikheid om seker te maak dat alle rolspelers wat vandag betrokke is goeie dienste lewer en die gemeenskap tot die beste van hul vermoë kan help.

Die rolspelers wat vandag betrokke is:

Bierman van Zyl
Department van gesondheid
Legal Aid
Matzikama Eiendomme
MMR Finansiële Dienste
Matzikama Begrafnisdienste
AVBOB
Matzikama Munisiplaiteit

“Vandag is die dag dat ons, ons eie mense motiveer en ophef om die Matzikama-streek te bevorder en om dit beter te maak vir almal en almal in die Matzikama-streek is welkom om die verritinge by te woon en ook die bogenoemde rolspelers te besoek indien jy dit dalk nodig het,” sê Mouton.

Mouton voeg ook by dat die personeel vanoggend begin het met ’n optog en dat dit ’n vredesoptog is. Die optog het vanoggend om 08:30 by die woelige hoek op Vredendal begin en personeel het tot by die Vredendal-Suid sportterrein gestap.

“Die doel van die optog is om ook die gemeenskap bewus te maak van Matzikama-munisipaliteit se dienste wat hulle lewer en dat dit ’n vredesoptog is,” sê Mouton.

Die volgende persone was betrokke by die optog:
Matzikama-munsipaliteit amptenare
Verskillende lykswaens
Brandweer
Polisie-amptenare
Verkeersamptenare

“Departement van sport en kultuur bied ook vandag ’n sportdag aan vir al die munisipaliteit se amptenare. Daar gaan verskillende sportaktiwiteite wees waaraan ons gaan deelneem en daar gaan pryse oorhandig word aan die einde van die dag. Daar gaan ook ’n braai wees na die dag se verrigtinge om die dag af te sluit,” sê Mouton.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?