Matzikama-munisipaliteit se welstanddag

Op Vrydag, 3 November het die Matzikama-munisipaliteit hul eerste welstanddag aangebied by die Vredendal-Suid sportterrrein.

Volgens Elizna Mouton, skakelbeampte by die Matzikama-munisipaliteit, gaan dit ’n jaarlikse instelling word en dat die doel van die dag is om te strewe na ’n veilige en welvarende Matzikama-munisipaliteit vir die gemeenskap in die Matzikama-streek.

“Ek wil ’n spesiale dank toespreek aan die munisipale raad, die bestuur en munisipale amptenare maar in besonder wil ek die braaikomitee bedank vir hul harde werk,” sê Mouton.

Mouton voeg ook by dat talle rolspelers die dag saam met die munisipale amptenare bestee het en dat die departement van sport ook ’n sportdag aangebied het waar die ampenare deelgeneem het aan verskillende sportaktiwiteite.

Die rolspelers wat die dag moontlik gemaak het, is as volg:

  • Bierman van Zyl
  • Department van gesondheid
  • Legal Aid
  • Matzikama Eiendomme
  • MMR Finansiële Dienste
  • Matzikama Begrafnisdienste
  • AVBOB
  • Matzikama Munisipaliteit
  • Brandweer
  • Polisie-amptenare
  • Verkeersamptenare

            

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?