Matzikama-gemeenskap kursus

Lede van die Foundation of Professional Development (FPD) School of Health Science het in September ’n gratis kursus in die Matzikama-streek kom aanbied. Daar was 115 persone in die Matzikama-streek wat die kursus bygewoon het.

Volgens Mariana Carosini, raadslid van die Matzikama-munisipaliteit was dit ’n tweedagkursus en daar is gefokus op geslaggegronde geweld.

“Elkeen wat die kursus bygewoon en voltooi het, het ’n sertifikaat ontvang. Die maatskappy gaan ook opvolgkursusse kom aanbied en nuwe groepe gaan ook in 2018 kans kry om deel te wees van die kursus,” sê Carosini.

Die instansies wat die kursus bygewoon het, was:

  • Matzikama-munisipaliteit
  • Matzikama wetstoepassers
  • SAPD
  • Landbou Gemeenskap Ontwikkeling (LGO)
  • Plaaslike dwelmkomitee (LDAC)
  • Jeugwerkers
  • Mineral Sands Resources (MSR)
  • Verskeie lede uit die gemeenskap en vele meer.

Indien jy belang stel om die kursus by te woon, stuur ’n e-pos aan Mariana Carosini by marianac@matzikamamun.co.za

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?