Matzikama gee om

Daar is talle organisasies in die Matzikama-streek wat omgee en wat hul bes doen om ’n bydrae te lewer vir dié wat dit die nodigste het en ook om te ondersteun waar dit moontlik is.

Hier is besighede wat al vir die afgelope tyd skenkings gemaak:

  • Build It gaan op Saterdag, 21 Oktober ’n liefdadigheidsgholfdag hou. Dit gholfdag is ten bate van die droogte en om hulp te verleen.
  • Vredendal Tehuis vir Bejaardes het die afgelope tyd baie skenkings ontvang soos die Solidariteit Helpende Hand wat R190 000 aan die tehuis geskenk het vir die opknapping van die haarsalon by die tehuis.
  • Matzikama Begrafnisdienste (MBD) het ook hul deel gedoen en ’n skenking gemaak aan Olifantsrivier Vereniging vir Persone met Gestremdhede en ook aan Kansa.
  • Optika Oogkundiges het Steilhoogte Primêr besoek en het brille aan die leerders geskenk. Optika skenk ook R50 aan Kansa vir elke oogtoets wat in die maand van Oktober gedoen word.
  • Die Matzikama-munisipaliteit en Mineral Sands Resources (MSR) het saamgewerk en rolstoele aan behoeftiges geskenk en het ook hul huise rolstoelvriendelike gemaak. MSR doen ook gereeld skenkings aan diegene wat dit nodig het.
  • Stellar Foundation befonds en voorsien ook tydens die skoolvakansie die leerders Steilhoogte Primêr van voedsel.
  • Die Madeliefie Makietie se feeskomitee het ook hul bydrae gedoen deur skole soos Doringbaai Primêr, Steilhoogte Primêr, Laerskool Kleinrivier en Laerskool Middelpos te help met die aanbou van klaskamers, om van die skole te voorsien van rekenaars en het ook gehelp met skenkings aan die skole. Die komitee het ook die Arcadian Shephards se sokkerklub op Lutzville gehelp met befondsing tydens hul wedstryde wat hulle gespeel het.

Die besighede en persone wat die skenkings maak se goedhartig word nie misgekyk nie. Jy kan ook jou deel doen en ’n skenking maak, dit sal ook nie misgekyk word nie.

     

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?