Matzikama Begrafnisdienste se planne pas by individue se behoeftes

Matzikama Begrafnisdienste bied ’n verskeidenheid versekeringsprodukte aan. Van hul produkte is ’n standaardplan wat ook dekking met terminale siekte-voordele inhou, en ’n kontant-terug-waarborg bied. Matzikama Begrafnisdienste se personeel is opgelei om seker te maak jy verstaan die volle waarde van die dekking van produkte, asook wat die premies behels.

 

Matzikama Begrafnisdienste kan jou bystaan met begrafnisdekking tot R100 000, en ook groep-begrafnisversekering (werkgewers met meer as 3 werknemers) verskaf. Hierdie versekering kan ook die gratis vervoer van die oorskot na enige plek in die land insluit.

 

Matzikama Begrafnisdienste bied ’n ooreenkoms van vertroue om seker te maak jou familie en naasbestaandes is rustig in die wete dat hulle vir jou begrafnis sorg. Matzikama Begrafnisdienste het twaalf jaar se ervaring in die bedryf, wat hulle kenners op die gebied maak. Hulle hanteer alle verrigtinge met waardigheid, respek, integriteit en menslikheid.

 

Matzikama Begrafnisdienste se waardes:

 

  • Respek: Matzikama Begrafnisdienste se doelwit is om te alle tye bedagsaam en met deernis op te tree.
  • Waardigheid: Matzikama Begrafnisdienste verseker dat hulle die waardigheid van hul kliënte beskerm en so ook vertroulikheid handhaaf.
  • Integriteit: Matzikama Begrafnisdienste staan by hul waardes en streef daarna om alles in hul vermoë te doen om verrigtinge doeltreffend te hanteer.
  • Menslikheid: Matzikama Begrafnisdienste streef daarna om kliënte gemaklik te laat voel sodat hulle gemoedsrus kan ervaar dat alles volgens hul verwagtinge hanteer sal word.
0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?