Matzikama Begrafnisdienste maak kinderharte bly

Die Vredendal-tak van MBD het gister vir baie vrolike gesiggies gesorg toe hulle speelgoed met opvoedkundige waarde geskenk het vir die Reënboog-Kindersorgsentrum by die Olifantsrivier Vereniging vir Persone met Gestremdhede. Daar is voor die tyd met die personeel bespreek oor watter speelgoed benodig word en die regte speelgoed kon só gekoop word. Die OVPG wil MBD hartlik bedank vir die ruim bydrae. Die afgevaardigde van MBD, Jolene de Beer, kon egter die dankbaarheid self beleef in die verwonderde gesiggies en die onverwagte, maar heel toepaslike dankies en drukkies.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?