Matzikama Begrafnisdienste gaan van krag tot krag

Vir meer as twaalf jaar verskaf Matzikama Begrafnisdienste (MBD) dienste aan ’n breë gemeenskap en gaan steeds van krag tot krag. MBD het ’n platform van meer as vyftig agente geskep, beskik reeds oor meer as twintig voltydse personeellede en meer as 11 000 gelukkige polishouers kan van hul ondersteuning getuig.

Matzikama Begrafnisdienste voeg waarde by hul dienste, is innoverend, pro-aktief en hanteer hul kliënte met deernis en respek. In 2013 is twee nuwe takke geopen – een op Calvinia en een op Touwsrivier.

MBD reël begrafnisse volgens hul kliënte se verwagtinge en behoeftes. Dit sluit in alle dienste van die oomblik dat iemand sterf tot nadat die begrafnis afgehandel is. MBD kan jou help om begrafnisse vooruit te beplan. Dit sal verhoed dat familielede moeilike besluite hoef te neem tydens hulle rouproses.

Al hul agente is goed opgelei om jou van kundige raad te voorsien. MBD is ook ’n lid van die Nasionale Begrafnisondernemingsvereniging van Suid-Afrika (NBOV).

Hulle doen hul bes om aan hul polishouers se versoeke en behoeftes te voorsien. MBD hanteer begrafnisversekeringseise van verskillende maatskappye namens hul kliënte. Die meeste versekeringsmaatskappye betaal eise binne 48 uur uit nadat hulle alle dokumente ontvang het. MBD doen ook groepbegrafnisversekering vir groepe, waar jy jou klublede, werknemers, familielede en kliënte kan verseker.

MBD staan die naasbestaandes by om al die reëlings vir ’n verassing te tref, hulle onderhandel namens die familie met die krematorium en maak seker dat die familie se wense uitgevoer word.

Tydens begrafnisse vervoer MBD die kis na die huis, kerk en die begraafplaas volgens die familie se wense. MBD kan ook die oorskot oor lang afstande vervoer indien nodig en ’n familiemotor kan op aanvraag beskikbaar gestel word. Hulle het ’n netjiese vertoonkamer waar die familie verskillende soorte kiste kan besigtig.

MBD streef om kliënte gemaklik te laat voel sodat hulle gemoedsrus kan ervaar dat alles volgens hul verwagtinge hanteer sal word. MBD is betrokke by talle gemeenskapsprojekte wat ’n bydrae tot gemeenskappe lewer. Hulle het ook in 2014 met omgeeprojekte in hul bedieningsarea begin.

Besoek MBD gerus by een van hul drie takke wat geleë is op Vredendal, Calvinia en Touwsrivier of kontak hulle vir meer inligting. Kontak die hoofkantoor by: + 27 (0) 27 213 2632, stuur ’n e-pos aan info@mbdsa.com of besoek hul webtuiste by http://www.mbdsa.com/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?