Matzikama Begrafnisdienste

Matzikama Begrafnisdienste se doelwit is om te alle tye bedagsaam en met deernis op te tree. Matzikama Begrafnisdienste verseker dat hulle die waardigheid van kliënte beskerm en so ook vertroulikheid handhaaf.

MBD staan vol by hul waardes en hulle streef daarna om alles in hul vermoë te doen om verrigtinge doeltreffend te hanteer. MBD streef daarna om kliënte gemaklik te laat voel, sodat hulle gemoedsrus kan ervaar dat alles volgens hul verwagtinge hanteer sal word.

MBD hanteer begrafnisversekeringseise van verskillende maatskappye namens hul kliënte. Die meeste versekeringsmaatskappye betaal eise binne 48 uur uit nadat hulle alle dokumente ontvang het. Hulle doen ook groepbegrafnisversekering vir groepe, waar jy jou klublede, werknemers, familielede en kliënte kan verseker.

Vir meer inligting kontak MBD by 027 213 2632 of besoek hul webblad by www.mbdsa.com.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?