Maskam Primêr ontvang skenking

Die dorpie is klein, maar as daar moet saamgestaan word, huiwer die mense nie om mekaar uit te help nie.

Verlede Vrydag het die Gemeenskap Polisieërings Forum, tesame met die Department van landbou, ’n skenking aan Maskam Primêr gedoen. Die goeie gebaar was oorspronklik slegs gemik op die minderbevoorregte leerders, maar aan die einde van die dag is soveel skryfbehoeftes aan die skool geskenk dat elke leerder daardeur bevoordeel is.

Om aan iemand ’n verskil te maak, klein of groot, kan soveel vir daardie persoon beteken.
Die skool is baie dankbaar en die laaste skryfbehoeftes word nog aan drie leerders uitgedeel.
Diegene wat bygedra het tot die dag word hartlik bedank.

Bron: Maskam Primêr, sersant Cloete

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?