Mansgesondheid: Meer oor prostaatkanker

November word vir die afgelope paar jaar gereeld herdoop as Movember. Die Movember-inisiatief het ten doel om bewusmaking te skep onder mans oor hul gesondheid, spesifiek testikulêre en prostaatkanker. Die belangrikheid van die bewusmakingsveldtog is duidelik in die realiteit dat 1 uit elke 23 Suid-Afrikaanse mans in hul leeftyd prostaatkanker sal kry en dat daar gemiddeld 5 Suid-Afrikaanse manse elke dag weens prostaatkanker sterf.

Verder is daar meer as 4300 mans in Suid-Afrika wat jaarliks met prostaatkanker gediagnoseer word. Wat is prostaatkanker? Die prostaat is ’n klier wat reg onder die blaas en reg voor die derms geleë is. Dit produseer vloeistowwe wat spermselle beskerm en verryk. Prostaatkanker kom voor wanneer van die selle in die prostaat baie vinniger herproduseer as normaal, wat dan ’n gewas vorm. Indien dit onbehandel gelaat word, kan die kankerselle geleidelik versprei na ander nabygeleë liggaamsdele, spesifiek die limfnode en beendere, wat sekondêre gewasse kan veroorsaak.

Een van die mees kommerwekkende aspekte van die siekte is dat meeste prostaatkankers ontwikkel sonder dat mans enige simptome in die vroeë stadiums ervaar.

Wat is die risikofaktore vir prostaatkanker? Prostaatkanker beïnvloed natuurlik slegs mans, aangesien vroue nie prostaatkliere het nie. Risikofaktore sluit in:
Ouderdom
Familie-geskiedenis
Etnisiteit

Vir watter simptome moet daar voor uitgekyk word?
Nie alle pasiënte ondervind simptome van prostaatkanker nie, dikwels word die tekens deur ’n dokter geïdentifiseer tydens ’n roetine ondersoek. Sommige mans sal wel veranderings in urine of seksuele funksies ervaar wat die teenwoordigheid van prostaatkanker kan aandui.

Waar kan ons meer inligting kry oor prostaatkanker en dan die simptome of waarskuwingstekens?
Gedurende November is daar ’n sterk klem op bewusmaking en inligting is vrylik beskikbaar in plaaslike en nasionale media. Die Wes-Kaapse Regering Gesondheid ondersteun hierdie veldtogte en het self ook inligting beskikbaar by plaaslike klinieke en by die webtuiste www. Westerncape.gov.za.

Praat gerus met jou plaaslike geneesheer wat jou van raad en inligting kan voorsien. Jy kan ook die Movember inisiatief in Suid-Afrika kontak by 021 510 7371.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?