Maklike raad om opsommings te maak

As jy al ooit in ’n koue sweet tydens ’n eksamen of voor ’n toets uitgeslaan het en angsbevange gewonder het oor ’n maklike manier om ’n opsomming te maak, hoef jy nie verder daaroor te bekommer nie, dit is makliker as wat jy dink!

In sommige taalvraestelle bestaan een van die vrae wat jy moet beantwoord uit ’n lang berig wat jy moet deurwerk en in 10 punte, of in ’n sekere aantal woorde moet opsom. Die metode kan gebruik word vir tale of self vir ander vakke se leerwerk.

Vir argumentsonthalwe word die metode verduidelik deur voor te stel dat jy die opsomming in sewe punte moet maak.

Stap 1: Lees eers deur die berig en onderstreep die sewe belangrikste feite.

Stap 2: Trek ’n tabel met die opskrifte ‘Aanhalings’ en ‘Feite’ en in Engels sal dit wees ‘Quotes’ en ‘Facts’.

Stap 3: Nommer die tabel van een tot sewe.

Stap 4: Skryf nou die geonderstreepte sinne by die nommers in die ‘Aanhalings’ tabel.

Stap 5: Probeer daardie sinne kort en kragtig maak deur dit in jou eie woorde oor te skryf en te vereenvoudig en skryf dit in die ‘Feite’ tabel.

En daar het jy dit, ’n lekker maklike manier om ’n opsomming te maak.

As dit vir leerwerk is, gaan daar natuurlik meer punte wees wat genommer moet word, maar die beginsels bly dieselfde.

“Dis baie lekker om die metode toe te pas, want jy kan die feite baie makliker verkort,” het Lee-Ann Barnard leerder van Hoërskool Vredendal gesê.

Volgens Judi Botha, ook ’n leerder van Hoërskool Vredendal, hou sy van hierdie metode, want dit wys waar jy jou feite gekry het.

Marnél Engelbrecht, nog ’n leerder van Hoërskool Vredendal, het gesê dat sy makliker haar eie woorde vind en daarom die metode verkies.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?