Maak ʼn draai op Citrusdal

Citrusdal, wat in die Olifanstriviervallei geleë is, is bekend vir die lekkerste sitrusvrugte. Die dorpie het ook heelwat aktiwiteite wat jy kan doen indien jy beplan om die dorp te besoek.

Jy kan uitkyk vir die volgende aktiwiteite:

Sandveldhuisie

Hier kan jy die lekkerste moerkoffie vind asook interessante brei-en lapwerk. Daar is beslis iets vir elkeen.

The Baths

Dit is die perfekte vakansieoord as jy wil wegbreek van die stad se gejaagde lewe. Hier kan jy lekker in die warm of koue swembad swem en Moeder Natuur geniet.

4×4-roetes

Hier is verskillende 4x roetes wat jy kan geniet. Hier is roetes soos die Koningskop 4×4-roete, Marcuskraal 4×4-roete en die Rondegat-roete.

Piekenierskloof Zip Slide-toere

As jy ʼn adrenalien-junkie is moet jy beslis die Zip Slide toer op Piekenierskloof probeer. Dit is beslis die moeite werd.

Kardoesie

Die Kardoesie is teen die N7 net aan die bokant van Piekenierskloofpas. Hier is ʼn restaurant wat die lekkerste geregte bedien en ook ʼn padstal waar jy die mooiste items kan koop.

Maak seker jy besoek Citrusdal en omliggende areas. Dit is beslis die moeite werd om te besoek.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?