M-Net gee groenlig vir nóg ’n seisoen van Survivor SA

Survivor is een van die mees gewildste televisiereekse en seisoen 30 het onlangs in die Verenigde State afgeskop. M-Net het Vrydag aangekondig dat die sesde seisoen van Survivor SA in 2018 na die kassie sal terugkeer.

Vir die sesde seisoen van Survivor SA is M-Net op soek na spelers wat aanhangers van die TV-reeks is. Spelers gaan die uithouvermoë moet hê om in ondraaglike omstandighede op ’n verlate eiland te oorleef en in hul groepe die strategiese speletjies moet wen.

Nico Panagio is weer die aanbieder van die program en die plek sal nog bevestig word. Spelers sal veg om gekroon te word as die volgende survivor en ook vir die prys van R1 miljoen.

Wil jy deel wees van die nuwe seisoen? Aanlyn video-inskrywings is nóú oop en sluit op 26 November. Raak kreatief en vertel waarom jy deel moet wees van Survivor SA. Deelnemers moet 18 jaar of ouer wees. Besoek www.mnet.tv/survivorsa om in te skryf.

“M-Net beplan om kykers op die punt van hul stoel te hou met ’n verskeidenheid van plaaslike programme en ons is baie opgewonde om Survivor SA deel van dié tydgleuf te hê,” sê Lani Lombard, hoof van publisiteit by M-Net. “Kykers het lank gevra vir nóg ‘’n seisoen van een van die ‘beste speletjie op die aarde’, as jy dus braaf genoeg is, gryp die geleentheid aan om die land se volgende Ultimate Survivor te wees.”

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog nuus en artikels, besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?