Lutzville United meet kragte teen Vultures FC

Op Saterdag, 22 Julie, gaan Lutzville United kragte meet teen Vultures FC van Klawer. Hierdie wedstryde gaan om 15:00 op die sportterrein op Klawer-Noord plaasvind.

Volgens Trimaine Muller, sekretaris van Lutzville United, is die spelers slaggereed vir die wedstryd. Die spelers wat United gaan verteenwoordig, is as volg:

Charlton Bostander, Reagan Brand, Aubrey Snyman, Elton George, Delbert de Wee, Kurt Saal, Pedro Slinger, Percville Isaaks, Winslon Lot, Justin Tieties, Sakke Phekula, Nathan de Koker, Rowan Cloete, Neville Cohen Cloete, Jan Ghal, Petrié Pieters, Melvin Klaase, Tasvaly Peddy en Detan Cloete.

Die bestuur van United is as volg:

  • Burnie Beukes – voorsitter
  • Fredrick Jonas – spanbestuurder
  • Trimaine Muller – sekretaris

“Die aanhangers van United en Vultures kan uitsien na ʼn aksiebelaaide wedstryd tussen hierdie spanne”, sê Muller.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?