Lutzville Landbouskou

Die jaarlikse SA Vlaamperd Lutzville-Landbouskou word op 2 tot 5 Augustus by die sportterrein op Lutzville aangebied. Dié skou word deur die Suid-Afrikaanse Vlaamperdtelersgenootskap aangebied en is daar om die gemeenskap te bou en om ’n tentoonstelling van gehalte en trots aan te bied. Elke komiteelid skenk sy tyd en bronne vir die liefde van dié skou. Daar sal verskeie stalletjies en lekker vermaak vir jonk en oud wees asook die perde-kampioenskappe, ʼn potjiekos-kompetisie, gaskunstenaars wat gaan optree, dorp en skole rugby en nog vele meer. Meer inligting oor die skou sal nog bekend gemaak word. Hou Lutzville skou se Facebook-blad dop vir meer inligting.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?