Lutzville-gholfklub hou Kersete

Dit is amper weer tyd vir vakansie en baie sien uit om met verlof te gaan. Die manne van die gholfklub op Lutzville hou Saterdag, 2 Desember ’n Kersete en die klub het ook ’n worksafe houespel gholfdag-finaal.

Volgens Oubaas Kersop gaan die gholfdag-finaal om 13:00 begin en inskrywingsfooie beloop R110 per speler. Na afloop van die gholfdag gaan die Kersete plaasvind en daar gaan pryse oorhandig word aan die klub se goeie gholfspelers.

Die spelers wat toekennings gaan ontvang, is as volg:

  • Erhard Lambrechts wat die Stellenbosch ope gewen het
  • Jurian Mostert wat die Theewaterskloof ope gewen het
  • Klaas Keffers wat deel was van die Boland senior gholfspan
  • Angelo Keffers wat die Lutzville gholfklub-kampioen is.

“Almal wat ’n ingeskrewe speler is, is welkom om die dag se verrigtinge by te woon en alle spelers moet ook ’n geskenkie van R100 bring vir die kinders,” se Kerskop.

Vir meer inligting oor enige gholfverrigtinge, kontak Oubaas Kersop by 082 230 4801 of stuur ’n
e-pos na oubaas.kersop@syngenta.com.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?