LSV-musiekleerders vaar puik in die Unisa-eksamen

Vanjaar het dertien van Laerskool Vredendal se leerders die praktiese Unisa-eksamen in blokfluit en klavier suksesvol afgelê.

Volgens Rensche Verwey, opvoeder by Laerskool Vredendal, het Philip Verwey ʼn besonderse prestasie behaal deur op Unisa se ererol geplaas te word vir blokfluit Gr. 6 en waarvoor hy 91% behaal het. Andro Louw word vir Voorgraad 1-blokfluit (VG. 1) op Unisa se ererol geplaas met ʼn persentasie van 90%.

“Ander leerders wat met lof, bo 80%, geslaag het, is Pierre du Toit (Gr. 4-blokfluit), Chanél Engelbrecht (Gr. 4-blokfluit), Jan-Hendré Spamer (Gr. 2-klavier), Kimmy Knoetze (Gr. 1-klavier), Jada Nel (VG. 1-klavier), San-Mari Turner (VG. 1-klavier en Gr. 1-blokfluit), Izette Mouton (VG. 1-klavier) en Jancke Louw (VG. 1-blokfluit),” sê Verwey.

Verwey voeg ook by dat Anchen Fouché (Gr. 4-blokfluit) en Kara Evert (VG. 1-klavier) met eervolle vermelding slaag en dat Pedro Booyse sy VG. 1-blokfluit eksamen suksesvol afgelê het.

“Van ons leerders het ook die UNISA teorie-eksamen afgelê. Hierdie uitslae word vroeg in Desember verwag. Ons hou styf duim vas dat dit net so goed met hulle gegaan het,” sê Verwey

Hierdie leerders ontvang onderrig by me. Sarita van Dyk en Rensche Verwey.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?