Lizandra Winter se nuwe musiekvideo, Die Begin, is besonders

Lizandra Winter se eerste enkelsnit, Die Begin – van haar selfgetitelde Afrikaanse debuut-album – is vroeër vanjaar vrygestel en kan gereeld oor die klankgolwe van radiostasies landwyd gehoor word. Die musiekvideo vir hierdie liedjie is besonders en is pas bekend gestel.

Kyk die video hier: https://youtu.be/a0awgVpO1bU

Die video gaan daaroor dat ’n mens so maklik vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is. Dit is moontlik gemaak deur Little Big Studio en vervaardig deur DaVille Films (Jean de Viliers & Ja-en Kleynhans). Verfilming het plaasgevind by Val de Grace, Leon en Terese Potgieter se woning, en die konsep is ontwikkel deur Jacques de Villiers (Joshua na die Reën) en Lizandra Winter.

Die rol van die ouer dame in die video word vertolk deur Marthie Steyn en die dogtertjie in die video is Lizandra se eie klein prinses, Zanilah von Hagen.

Die regisseur van die video is Jacques de Villiers, grimering en hare is deur Faffa de Klerk gedoen en die stel deur Jean de Villiers, Jacques de Villiers, Ja-en Kleynhans en Jeanlie Minnie.

Oor haar debuut-album sê Lizandra: “Die liedjies wat ek gekies het om op die album te wees, is oor ’n tydperk van twee jaar geskaaf. In elke seisoen van my lewe, was daar nuwe inspirasie en het ek geskryf oor die lesse wat ek geleer het en die dinge wat ek voel ek nog moet bemeester. Die musiek op die album gaan oor daardie kosbare dinge in die lewe, wat geld nie kan koop nie en waarin ewigheidswaarde lê. Ek het besluit om dit ’n selfgetitelde album te maak, omdat die liedjies vasvang wie ek is. Dis amper soos ’n aankondiging wat sê: ‘Hier is ek, Wêreld!’.”

Lizandra se strelende fluweelstem gaan nie net diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf trap nie, maar is ook ‘die perfekte begin’ van ’n baie belowende solo-loopbaan vir hierdie talentvolle kunstenaar.

Sosiale media skakels:
Facebook: https://www.facebook.com/lizandrawinter/
Twitter: @Lizandra_Winter
Instagram: @lizandrawinter
Webblad: www.lizandrawinter.co.za

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?