Lid van Lutzville-gholfklub speel goeie rondte by Wellington Ope

Klaas Keffers, ’n lid van die Lutzville-gholfklub, het onlangs deelgeneem aan die Wellington Ope.

Hy het, afgesien van sy sesde plek in die kompetisie, ’n baie goeie rondte gespeel. Die posisie waarin hy geëindig het, is glad nie ’n goeie refleksie van sy spel nie. Hy het met ’n telling van 146 geëindig. Dit wil sê dat hy met ’n voorgee van plus twee geëindig het, wat regtig baie goed is.

Die wentelling aan die einde van die kompetisie was 142, wat neerkom op ’n voorgee van minus twee. Hierdie telling is ’n bewys van hoe straf die kompetisie op Wellington was. Baie geluk Klaas, jy kan trots wees op jou uitslae.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?