LGO Imbizo

Op Woensdag, 1 November het die Landbou Gemeenskapontwikkeling (LGO) span ’n Imbizo-byeenkoms op die plaas, Vaalkrans op Lutzville gehou.

Volgens Fred Wagener, betrokke persoon by die LGO, het 24 persone die byeenkoms bygewoon en daar was verskillende departemente soos SASSA, die departement van binnelandse sake en die departement van menslike ontwikkeling wat ook die byeenkoms bygewoon het.

“Persone van die verskillende departemente het inligting gegee oor hul dienste en die gemeenskap se vrae is goed beantwoord. Die gemoedere van die gemeenskap was ook hoog deur die loop van die hoog,” sê Wagener.

Wagener voeg by dat die gemeenskap van Vaalkrans ook vrae gehad oor hul vervoeruitdaging met die skoolbus en dat leerders vier kilometer moet stap om die bus te kry en dat dit veral leerders is van Bo-Vaalkrans.

“Ons sal hierdie uitdaging aanmeld by WKOD, Weskus Kollege en MSR en ons het ook ’n moontlike opvolgbyeenkoms op Dinsdag, 7 November om 18:00.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?