Leerders van HS Lutzville leerders maak harte en beursies oop

Die leerlinge van Hoërskool Lutzville het hul harte en beursies oopgemaak vir die mense wat gebuk gaan onder die droogte. Omgee was een van ons temas oor die afgelope jare en die leerlinge voldoen nog steeds aan daardie mooi eienskap.

Die leerders het kanne en botteltjies water gekoop en ’n mooi motiveringsboodskap op die bottels geskryf, sodat die gesin wat die water ontvang, kan sien van wie af dit kom en sodat hulle weet dat daar mense is wat werklik omgee.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?