Leerders van Hoërskool Vredendal presteer by Weskus Wetenskap Expo

Op Vrydag, 18 Augustus het 11 Graad 10 en Graad 11 Fisiese Wetenskap-leerders van Hoërskool Vredendal aan die jaarlikse Weskus Wetenskap Expo op Saldanhabaai deelgeneem.

Volgens Deirdré Saayman, administratiewe beampte van Hoërskool Vredendal, het die leerders uitstekend gevaar. Die beoordeling was baie streng, maar die volgende leerders het goeie uitslae behaal:

Goue medaljes

Jani Smith, met haar projek “spaar watts, spaar geld” wat ook die wenner van die energie-kategorie was.

Silwermedaljes

Wiaan Fouché, Kara Engelbrecht en Michiel Coetzee

Bronsmedaljes

Bianca van Eck, Henk Fourie, Chris-lee de Lange, Magdel Nel en Johané Verwey

“Die ATKV het drie spesiale pryse toegeken en Johané Verwey het ’n tweede plek behaal met haar projek oor ontsouting van seewater,” sê Saayman.

Vir Saayman was die hoogtepunt van die dag toe Jani Smith aangewys is as een van slegs tien leerders wat die Weskus by die Internasionale Wetenskap Expo in Boksburg, tydens die September-vakansie, gaan verteenwoordig.

“Die skool se personeel, ouers en leerders is baie trots op Jani met hierdie groot prestasie en is ook trots op elke leerder wat deelgeneem het,” sluit Saayman af.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?