Willemsrivier ’n unieke gasteplaas en gewilde bestemming

Die bekoorlike dorp Nieuwoudtville lê op die Bokkeveld-plato waar die Kaapse fynbos die Hamtam Karoo, Boesmanland en die Knersvlakte ontmoet. Net neffens die dorp is die historiese plaas Willemsrivier, waar geskiedenis en nostalgie bymekaar kom vir ’n unieke kombinasie.

Die plaas is die tuiste van elf bekoorlike gastehuisies, elkeen met ’n unieke styl en tema. Die gasteplaas is ’n gewilde bestemming in dié geweste. “Of besoekers nou wil ontspan en saans sommer net na die sterre wil kyk, of die meer energieke gaste eerder een van die talle aktiwiteite op die plaas wil aanpak, die plaas maak voorsiening vir elkeen se behoeftes,” sê Erika Kotzé, eienaar.  

“Die dekorstyl van die huise is shabby chic, oftewel plaasstyl – dit beteken meubels en

dekoritems wat spesiaal uitgesoek en gekies is vir die effe verweerde, ingeleefde ouwêreldse gevoel. Alles is spesiaal met die hand uitgesoek om gaste die plaasgevoel te laat ervaar,” voeg sy by.

Willemsrivier bied verskeie aktiwiteite wat besoekers kan besig hou. Daar is verskeie stap- en seisoenale blomroetes en talle 4×4- en bergfietsroetes. Besoekers aan die plaas is ook meer as welkom om die boerdery-aktiwiteite te besigtig. Daar is talle mak diere waaronder ganse, bokke, eende en hoenders.

“Gaste kan die tipiese warm gasvryheid van die mense in hierdie geweste verwag, Skud die stof af en sit terug terwyl jy die vreedsaamheid van Willemsrivier geniet,” sê Erika.

Die plaas het ook talle geskiedkundige geboue en spog met ’n kleurryke geskiedenis. Van die historiese geboue wat besigtig kan word, is onder meer die ou kerk, ou skool, ou tronk, die Smuts/Maritz Kantoor en daar is ook ’n ou trekker-museum. Daar is ook verskeie besienswaardighede op die plaas en in die omgewing wat ’n besoek werd is.

Vir meer besonderhede oor Willemsrivier, gaan na willemsrivier.com of besoek hul Facebookblad, Twitter of Instagram.

 

        

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?