Wêreld Oogsorgdag in Oktober

Vrydag, 13 Oktober is Wêreld Oogsorgdag en dit is op hierdie dag wat die wêreld aan die belangrikheid van goeie ooggesondheid en hoe om jou sig te behou, herinner word.

Bernardt Barnard, oogkundige by Optika Oogkundiges in die Maskam Mall op Vredendal, gee die volgende wenke vir goeie ooggesondheid:

  • Om gloukoom te voorkom, moet jy elke twee jaar jou oë laat toets, maar as jy egter ouer as 40 is of ʼn familiegeskiedenis van gloukoom het, moet jy meer gereeld by ʼn oogkundige gaan aanklop.
  • Kontaklens-ondersoeke is nodig om te verseker dat die lense beide oë behoorlik pas en dat die gesondheid van die oë nie deur die kontaklense benadeel word nie so indien jy kontaklense dra of wil hê, benodig jy behalwe ʼn omvattende oogondersoek, ook ʼn kontaklens-ondersoek.
  • Dit is raadsaam om jou oë te laat toets, want dit kan help met die vroeë opsporing van van oogsiektes. Sommige sistemiese siektes kan ook met sekere oogversteurings geassosieer word.
  • ʼn Professionele oogondersoek is een van die belangrikste prosedures vir jong kinders om te onderneem. Vroeë opsporing en behandeling bied die beste geleentheid om visieprobleme reg te stel, sodat jou kind kan leer om duidelik te sien. Volgens die American Optometric Association (AOA) moet babas hul eerste omvattende oogondersoek op 6 maande hê. Kinders moet dan bykomende 3 oogondersoeke op 3-jarige ouderdom ontvang, en net voor hulle die kleuterskool of die eerste graad op ongeveer 5 of 6 jaar oud betree. Vir skoolgaande kinders, beveel die AOA elke twee jaar ʼn oogondersoek aan indien geen visuele korreksie nodig is nie. Kinders wat bril of kontaklense benodig, moet jaarliks of volgens hul oogdokter se aanbevelings ondersoek word.
  • Om te voorkom dat jy oog infeksies kry moet jy versigtig wees om nie met vuil hande aan jou oë te vryf nie. Maak seker jy was altyd jou hande voordat jy jou kontaklense insit of uithaal.

Dit is belangrik dat jy hierdie wenke volg en jou oë versorg sodat jy swak sig kan voorkom.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?