Wenke om op te hou rook

Om op te hou rook is een van die moeilikste uitdagings om te oorkom. Onthou net dat enige vordering steeds vordering is, selfs al het jy dit reggekry om net vir ‘n paar uur lank op te hou. Hopelik het jy dan die voordele van ophou rook eerstehands ervaar en sal jy gemotiveerd wees om volgende keer beter te vaar.
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) verskaf 10 wenke om jou te help om hierdie gewoonte af te leer:

Besluit op ‘n datum om op te hou rook en hou daarby.
Gooi alles wat jou aan rook kan herinner, weg – insluitende sigaretpakkies, asbakke en aanstekers.
Drink baie water – dit sal help om die nikotien uit jou liggaam te spoel.
Raak meer aktief. Doen gereeld oefening soos stap of draf.
Verander jou roetine. Vermy die eerste paar dae lank ander rokers of dinge wat jou lus maak om te rook.
Vertel vir jou familie en vriende dat jy probeer om op te hou rook, sodat hulle jou kan ondersteun.
As jy opgehou het, kan jy dalk lighoofdigheid ervaar of ligte hoofpyne kry. Dis egter normaal en behoort ná ‘n dag of twee te verbeter.
As jy bang is dat jy gewig sal optel, eet met gereelde tussenposes gedurende die dag; eet vrugte tussen maaltye; en maak tyd vir oefening. Nie alle voormalige rokers tel gewig op nie.
Moenie ‘n krisis of ‘n spesiale geleentheid gebruik as ‘n verskoning vir ‘net enetjie’ nie. Een sigaret lei na ‘n volgende.

Alternatiewe metodes
Daar is baie ander maniere om op te hou rook. Doen navrae oor alternatiewe behandelings soos akupunktuur, hipnose en homeopatie. Baie mense gebruik nikotienplaasvervangers soos plakkers, ‘n sproei of kougom.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?