Wenke om jouself koel te hou die somer

Dit is somer en dit beteken dat dit verskriklik warm raak veral hier in die Matzikama-streek. As jy nie weet hoe jy jouself kan koel hou nie, is hier ’n paar wenke wat jou sal help:

  • Drink genoeg vloeistof, veral water – dit sal keer dat jy ontwater.
  • Kry ook lekker koue peuselhappies soos roomys – dit sal jou liggaam van binne laat afkoel.
  • As jy saans sukkel om aan die slaap te raak as gevolg van die hitte kan jy ’n handdoek nat maak en dit bo-oor jou gooi. Sit dan jou waaier aan. Dit sal help om jou liggaam te laat afkoel.
  • Dra los klere en koel materiaal soos katoen. Dit sal help om die lugsirkulasie te bevorder en sal jou beslis lekker koel hou.
  • Indien jy uitgaan, sorg dat jy altyd jou sonbril het en ook ’n sambreel of ’n groot sonhoed.
  • Maak ook seker dat jy altyd sonroom by jou het indien jy van plan is om see toe te gaan.
  • Eet ook vrugte en slaaie in die warm seisoen. Eet produkte soos druiwe, waatlemoen, tamaties of komkommer.

Probeer hierdie wenke. Dit sal jou laat afkoel en jy kan die somer geniet.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?