Weet wanneer jou vierpoot-vriend siek is

Om ’n hond te hê is een van die grootste plesiere en soos daar gesê word, is jou hond jou beste vriend. Indien jy dalk nie weet wanneer jou hond siek is nie, kan jy gerus uitkyk vir die volgende tekens en seker maar jy weet wat fout is met jou troeteldier.

  • Hy lek aanhoudend sy pote – dit kan beteken dat jou hond ’n kos-allergie het.
  • Indien jou hond meer water drink as normaal kan dit dalk ’n teken van kanker of niersiekte wees.
  • Jou hond se oë lyk vreemd (gelerig) – jou hond mag dalk geelsug hê.
  • Jou hond se hare val uit – dit word ook veroorsaak deur kos-allergie.
  • As jou hond sy kop heeltyd onderstebo hou beteken dit dat hy dalk oorinfeksie het.
  • As daar vlekke op jou hond se tande is, is dit ’n teken van tandvleisontsteking.
  • Jou hond het ’n slegte asem – dit kan aandui dat daar ’n gewas in sy mond is.
  • As jou hond grond eet is dit ’n teken van bloedarmoede.

Jou vierpoot-vriend weet dalk wat jy vir hom sê, maar soms is dit moeilik om hom te verstaan, veral wanneer hy siek is. As jy enige van hierdie tekens by jou hond sien, neem hom so gou as moontlik na ’n veearts.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?