Wat om te doen met jou Kersfees-oorskietkos

Op Kersdag kom familie en vriende bymekaar waar hulle die smullekkerste geregte kan eet wat voorberei is. Soms is die geregte so baie dat nie almal dit kan baas raak nie. Weet jy nie wat jy met die oorskietkos kan doen nie?

Hier is ’n paar idees wat jou sal kan help:

  • Maak roerbraai met die hoender of kalkoen wat oorgebly het.
  • Jy kan ook hoendermayo maak.
  • Tortilla’s is ook een van die geregte wat jy kan maak met die oorskietvleis.
  • Jy kan ook ’n vars slaai maak met die vleis wat oorgebly het.
  • Maak toebroodjies vir jou gesin.
  • Maal lam, gammon, ham en tong saam en maak patties.
  • Jy kan ook pasta maak en die vleis daarin meng.
  • As daar vrugte oorgebly het kan jy ook heerlike vrugteskommel maak.
  • Jy kan ook melkskommels maak met die roomys wat oorgebly het.
  • Maak pastei met vleis en groente wat oorgebly het.

As jy nie kans het om voor die stoof te staan na Kersfees nie, kan jy altyd die oorskietkos verpak en gaan afgee by ’n kinderhuis of by ’n organisasie wat hawelose persone huisves.

Jy kan selfs die oorskietkos vir diere gee, maar maak eers net seker dat diere die kos kan eet.

 

Dit is maklike maniere hoe jy vinnig plan kan maak met die Kersfees-geregte wat oorgebly het.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?