Voordele van tee

Daar is niks meer verfrissend as ’n heerlike koppie tee na ’n lang dag van harde werk nie. Daar is verskillende soorte tee wat jy kan drink wat jou ook sal help om gesond te bly. Januarie is ook tee-maand en dit word regoor die wêreld gevier word.

Tee, wat al vir duisende jare gedrink word, kom oorspronklik van China. Van daar het dit gegroei tot een van die belangrikste drankies wat wêreldwyd geniet word. Tee word gesien as ’n teken van gesofistikeerdheid en dit het die Britse kultuur basies herdefinieer en het heeltemal onafskeidbaar geword van wat dit beteken om ‘waarlik Engels’ te wees.

Tee is nie net ’n warm en lekker drank nie, maar kan ook medisinaal gebruik word. Daar is duisende kruietee’s beskikbaar en elkeen kan gebruik word o

m die liggaam te help versterk, te help om jou teen infeksies te beskerm en selfs te genees. Een van die mees algemene gebruike om senuwees te kalmeer is ’n koppie ment- en kamille-tee voor jy gaan slaap.

Hier is verskillende teesoorte wat jy kan geniet:

  • Tiemietee help vir verkoue en dit verbeter ook jou vel en beenstruktuur.
  • Gemmertee help om jou bloedsuikervlakke konstant te hou en dit is ook ’n goeie bron van yster en kalsium.
  • Pepermenttee help om jou hormone in bedwang te hou en dit verlaag jou stresvlakke.
  • Rooibostee beskerm jou teen kanker, dit help om jou hart en ander organe gesond te hou, dit verminder stres en dit help om allergieë en infeksies te verlig.
  • Kamilletee versterk jou immuunstelsel, verlig menstruele ongemak en verlig ook stres.

Met die verskillende gesondheidsvoordele moet jy een hierdie gesonde teesoorte probeer. Een van hulle mag dalk net jou gunsteling word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?