Vier Hamburgerdag met tuisgemaakte hamburgers

Op Donderdag, 24 Augustus, word Hamburgerdag internasionaal gevier. Daar is verskeie maniere om heerlike burgers te maak en die opsies is eintlik eindeloos! Jy kan Donderdag iewers ’n smullekker burger gaan eet of jy kan jou eie burgeraand hou. Dit is boonop hope pret vir die gesin om elkeen hul eie burger te bou.

Maak so jou eie burgerpatties:

  1. Koop beesmaalvleis en plaas dit in ’n bak.
  2. Voeg ’n eier, fyngekapte uie, bietjie knoffel, gemengde speserye en worcestersous by en meng goed.
  3. Maak bolletjies van die mengsel en druk plat sodat dit ’n pattie vorm.
  4. Verhit ’n bietjie olie in die pan en sodra dit warm is, maak die patties gaar.
  5. Bedien die patties op ’n lekker vars broodrolletjie en kies uit die onderstaande garnering.

Heerlike saam met jou hamburger:

Probeer gerus van die volgende saam met jou pattie tydens jou burger-aand:

  • Gebraaide sampioene
  • Verskeie kase soos cheddar, feta, camembert, brie of selfs bloukaas.
  • Gebraaide of gekarameliseerde uie
  • Tamatieskywe
  • Slaaiblare
  • Brosgebraaise spekrepies
  • Avokadoskywe
  • Verskeidenheid souse soos tamatiesous, blatjang, sampioensous, mostert, mayonnaise, kaassous, whiskeysous en braaisous!
0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?