Veiligheidswenke vir swem

Dit is somer en dit beteken dat daar verskriklike warm dae vir ons wag. Baie van ons, veral kinders, besoek gereeld die publieke swembaddens in hul omgewing of die strand maar dit beteken ook dat daar baie gevare is as ons onsself geniet in die lekker koue water.

Hier is ’n paar veiligheidswenke wat jy ingedagte moet hou as jy of jou kind en sy maatjies volgende keer besluit om die water te besoek:

  • Maak seker dat daar iemand is wat toesig hou oor kinders as hulle swem.
  • As jy en jou gesin dalk op die strand is, luister altyd na die lewensredders en let ook op na gevaartekens.
  • Moet nooit te diep in die see of selfs ’n swembad in gaan nie, dit kan baie gevaarlik wees.
  • Maak seker dat daar nie goed rondom jou swembad rondlê nie, jy kan dalk net op dit trap, gly en jouself beseer of selfs in die swembad val.
  • Moet ook nooit ná ete wil gaan swem nie of vermy dit om te swem as jy moeg is is.
  • Kies altyd ’n veilige plek om te swem veral by die see, verkieslik naby die lewensredders.
  • Moet nooit iemand anders se kop onder water druk nie.
  • Moet ook nooit iemand in die water instamp nie – veral by swembaddens.
  • Vermy alkohol as jy naby ’n swembad is.

Ongelukke by swembaddens en die see kan so vinnig gebeur. Maak seker jy pas hierdie wenke toe as jy en jou gesin die feesseisoen besluit om die water om te ontspan.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?