Vat aandagafleibaarheid-sindroom vas

Nasionale bewusmaking van Aandagafleibaarheid (ADHD) word jaarliks op 14 September geloods. Mense en kinders wat daaraan lei loop onder negatiewe kommentaar deur en word baie keer uitgemaak as moeilikheidmakers wat geen maniere het nie. Daarom word die dag jaaarliks gehou om mense bewus te maak van wat ADHD eintlik is.

ADHD is ’n algemene afwyking wat fokus, selfbeheer en ander belangrike daaglikse take beïnvloed. Dit word veroorsaak deur die samestelling van neurone in die brein en is baie keer oorerflik. Die afwyking kom algemeen voor onder kinders, maar volwassenes lei ook daaraan sonder dat hul eens besef. Ja, kinders het in die algemeen baie oortollige energie, maar dit is nie noodwendig dat dit ADHD is nie. ’n Kind wat ly aan ADHD het die simptome baie erger as net die algemene energieke kind. Sy of hy sukkel om te konsentreer, om take te voltooi, om vriendskaplike verhoudings te bou, sukkel om te lees, lei aan depressie en angstigheid, en sukkel om te kommunikeer. Sommige kinders ontgroei die afwyking, maar baie keer volg dit die kind tot in volwassenheid.

Terwyl die algemene simptome, hiperaktiewiteit, impulsiwiteit en aandaggebrek by vele ADHD-lyers voorkom, is daar kinders of mense wat glad nie hierdie simptome toon nie. Hierdie individue ly dalk net aan aandaggebrek – sonder die hipartiwiteit en impulsiwiteit. Daar word slegs verwys daarna as ADD. Daar is ook een baie verwarrende teken van ADHD. ’n Kind wat sukkel om meeste van die tyd te fokus, kan weer baie goed fokus op ’n taak wat hy of sy interessant vind.

In die algemeen word ADHD met medikasie en terapie behandel. Al werk medikasie baie goed, het dit ook newe-effekte soos slaapprobleme, bui-veranderings, swak aptyt, hartprobleme en depressie. Indien jy of jou kind enige van die probleme ervaar, kan jy meer natuurlike wenke en behandeling probeer om ADHD-simptome te vas te vat:

  • Navorsing toon dat sekere kleur- en preserveermiddels ADHD simptome vererger. Vind by jou dokter uit watter van hierdie middele jou of jou kind se simptome vererger en probeer dit vermy wanneer jy inkopies doen.
  • Vermy ook kosse wat mense in die algemeen voor allergies is. Maak seker dat jy of jou kind nie allergies is vir melk, eiers, sjokolade, kosse wat salisilate bevat bv. bessies, chillie-poeier, appels, asyn, druiwe, lemoene, perskes, pruime en tamaties, kosse wat prosesseer is soos kougom, aartappelskyfies, botter, kitspakkies kosse.
  • ’n Nuwe soort neuroterapie word ook al meer algemeen, waar jy of jou kind ’n soort videospeletjie speel. Wanneer jy of jou kind sukkel om konsentrasie te behou tydens die speletjie, dan slaan die skerm donkerder. Sodoende word konsentrasie en fokus aangeleer en verbeter.
  • ADHD-leiers kan ook voordeel trek uit joga- en thai chi-klasse. Dit is al bewys dat dit help vir angstigheid, hiperaktiwiteit en sosiale probleme veral by seuns.
  • Om gereeld in die natuur te wees en tyd in die opelug deur te bring help ook om konsentrasie te verbeter. Dit word beskou as terapeuties en die kind voel dus nie vasgekeer tussen vier mure nie.
  • Gedragsterapie asook terapie vir ouers is algemene tegnieke wat gebruik word om ouer en kind te help. Kinders word dus uitgedaag om doelwitte te  stel en ook om by vaste reëls te hou. Op hulle beurt word ouers geleer watter strategieë en tegnieke hulle kan probeer om te help met die gedragspatrone van hul kinders.
  • Daar is ook aanvullings wat gebruik kan word om hiperaktiwiteit te te demp. Sink, magnesium, vitamien B-6, L-carnitien, ginseng en ginko is al bewys om te help. Voordat jy wel hierdie aanvullings gaan gebruik, gesels eers met jou dokter.

ADHD is ’n komplekse afwyking en behandeling en simptome is nie net swart of wit nie. Gesels met jou dokter of terapeut om seker te wees watter pad jy gaan volg om die afwyking te beveg.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?