Tradisionele snoekbraai

Beplan jy om hierdie naweek met familie en vriende te kuier maar jy het geen idee wat om voor te berei vir ete nie? Probeer hierdie smullekker tradisionele snoekbraai en ander bygeregte wat jy saam met die gereg kan bedien.

Snoek

Bestanddele

  • 4 eetlepels botter
  • sap van 2 suurlemoene
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • Sout, na smaak

Metode

  1. Maak ’n sous van die botter, suurlemoensap en appelkooskonfyt deur dit saam te smelt.
  2. Verf snoek met die sous voor jy dit rooster.
  3. Plaas die snoek in ’n toeknyprooster, maar moet dit nie heeltemal styf toeknyp nie (anders klou die vel vas). Braai die snoek oor lae hitte.
  4. Draai die snoek gereeld en verf met die sous. Sodra die vis stewig voel, is dit gaar.
  5. Plaas ’n skinkbord teen die velkant van die vis en draai dit om sodat die vis op die skinkbord bedien word.

Soetpatats

Bestanddele

  • 3-4 groot patats
  • 1 koppie room
  • 1 koppie suiker
  • ½ koppie botter

Metode

  1. Sny die patats rofweg op en kook dit in ’n pot met water oor die vuur tot byna gaar.
  2. Meng botter, room en suiker saam en kook oor die vuur tot dit ’n sous vorm.
  3. Voeg die patats by die sous en bedek met die sous.
  4. Sit die deksel op en kook tot patats sag is en sous bietjie weggekook het.

Mielieslaai

Bestanddele

  • 1 blikkie heel mieliepitte
  • 1 handvol vars basiliekruid
  • 1 pak kersietamaties
  • 1 klein houer feta
  • 1 rooi uie
  • 1 brandrissie
  • 1 knoffelhuisie
  • Balsamiek-asyn, na smaak
  • Olyfolie, na smaak
  • Sout, na smaak

Metode

  1. Gooi die water van die blikkie mielies af en plaas mielies in ’n bak.
  2. Kap basiliekruid fyn en voeg by.
  3. Sny die tamaties in die helfte en gooi by
  4. Kap ui, brandrissie en knoffel fyn. Voeg by mielies.
  5. Krummel feta en gooi by.
  6. Meng balsamiek-asyn en olyfolie vir ’n slaaisous.

Resep verskaf deur agriorbit.com/

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?