Tradisionele kerrie-skaapsosaties

Alle grappies op ’n stokkie, die somer is hier en dis weer tyd om te braai. Hierdie tradisionele kerrie-skaapsosaties is is beslis ’n treffer wat jou hele gesin en vriende terdeë sal geniet. Die resep lewer 8 porsies.

Bestanddele
Marinade

2 uie, gekap
2 eetlepels botter
1 eetlepel kerriepoeier
1½ teelepels borrie
2 eetlepels suiker
1 teelepel mielieblom
1 teelepel sout
2 koppies wynasyn
½ koppie fyn appelkooskonfyt

Vleis
2 kg ontbeende skaapboud, in blokkies gesny (3cm)
15 klein uitjies, gekook
250 g streepspek, in repies gesny
1 pak gedroogde appelkose
14-16 sosatiestokkies, in water geweek

Metode
Kook die uie vir die marinade in ’n bietjie water. Voeg botter by sodra water verdamp het en braai uie tot sag. Voeg kerrie en borrie by en braai.
Voeg die res van die bestanddele vir die marinade by en kook vir 15 minute.
Giet die marinade oor die vleisblokkies in ’n bak. Moenie ’n staalbak gebruik nie.
Laat oornag staan om te marineer.
Ryg vleisblokkies, uie, spek en gedroogde appelkose om die beurt op die stokkies.
Braai sosaties oor matige kole tot bruin en gaar.

Resep verskaf deur agriorbit.com/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?