Teubes se passie

Teubes Wyne is ’n boetiek-kelder in die Vredendal-omgewing wat in 2011 sy eerste oesjaar geproduseer het. Die Malkopbaai Sauvignon Blanc, die kelder se eerste bottelwyn, is in sy eerste jaar goed ontvang. Die naam Malkopbaai is afkomstig van ’n bekoorlike klein baai naby die vissersdorp Lambertsbaai aan die Weskus.

Teubes Wyne is passievol om uitstekende Sauvignon Blanc-wyne te skep. Een van die grootste pluspunte vir die kelder is sy ligging en die konstante koel seebries wat hier waai. Dit is hierdie klimaat wat die Sauvignon Blanc-druiwe hul unieke varsheid en multi-dimensionele karakter gee wat duidelik in die wyne geproe kan word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?